6000
Indien u 'n verskil wil maak, kontak ons gerus. Ons het hande en vaardighede nodig by verskeie projekte, van hulpverlening, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.
In teenstelling met talle nagvlugvlinder ondernemings en gokkers wat kwansuis ook mense wat in nood is help en dan met die hulpgeld en goedere op vlug slaan, het Volkshulp 2000 binne sy organisasie, tans meer as 30 werkgeleenthede geskep en sodoende ʼn bietjie verligting aan werklose volksgenote help bring.
Kontant skenkings kan in Volkshulp 2000 se bankrekening nr:0010176514 by Absa se Ben Swartstraat tak (632005) inbetaal word. Kontant-skenkers kan op aanvraag van elke belastingjaar, belastingafslag sertifikate vir sodanige kontant skenkings aanvra.
ʼn Debietorder vorm is ook beskikbaar vir u gerief indien u ons moontlik finansieel kan bystaan.
Alle skenkings soos kos, klere, meubels, ens. sal ook waardeer word. As u reeds ʼn skenker is, bring asseblief die noodkreet van Volkshulp 2000 onder die aandag van familie en vriende.
Nogmaals baie dankie aan diegene wat reeds aan Volkshulp 2000 hulp verleen het en steeds met die hulpverlening voortgaan. Volkshulp 2000 se geouditeerde state is beskikbaar ter insae.
Built with
Mobirise.com